4 maande gelede
Lotto-wenner wil geld belê
df
Nog 'n gelukkige persoon is nou R13 miljoen ryker.  ~ Leon Bonthuys

DIE jongste miljoener van Ithuba gaan sy skuld afbetaal en 'n paar rand belê.

Iemand het Dinsdagaand 24 Januarie se PowerBall draw van R13.4 miljoen gewen.

Die man het R375 op 'n QuickPick-kaartjie op sy Absa digitale platform gespeel.

Hy het aan Ithuba gesê alles is nog soos 'n droom.

"Ek het die oggend nadat ek gespeel het omstreeks 01:00 op my Absa app gekyk, en ek was stom van verbasing toe ek sien ek het gewen."

Hy sê hy is nie 'n gereelde Lotto-speler nie.

"Ek sal soms by die winkel Lotto speel as die jackpot groot is. Maar sedert ek geleer het om op my banking app te speel, speel ek meer gereeld."



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters