Verlede maand
Loadshedding is terug
Eskom dreig om krag te sny
Loadshedding is terug  ~ verskaf

LOADSHEDDING is terug.

Eskom het aangekondig dat hy beurtkrag vanaf Sondag 17:00 sal toepas.

Fase-2-beurtkrag sal tot 22:00 Dinsdagaand van toepassing wees.

Volgens die kragreus is die beurtkrag weens tien opwekkingseenhede wat die afgelope 24uur by sewe kragstasies verloor is.

"Failure van drie opwekkingseenhede by Tutuka is weens 'n verlies van lug compressors, 'n eenheid by Majuba moes noodgedwonge afgeskakel word, terwyl 'n eenheid by Kriel afgeskakel moes word weens 'n boilerlekkasie.

"Daar is ook 'n eenheid by die Matla-kragstasie wat weens 'n stoomlek afgesit moes word en kortsluitings van een eenheid by Medupi, Kusile en Duvha word ondersoek."

Intussen word Suid-Afrikaners omverskoning gevra vir die ongerief en aangemoedig om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Click hier vir jou beurtkrag skedule, of raadpleeg jou munisipale skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters