17 dae gelede
Load-Shedding bly tot Vrydag
eskom
Eskom sê hy is genoodsaak om beurtkrag tot Vrydagaand te implimenteer.  ~ Verskaf

DAAR sal vir die res van die week beurtkrag wees.

Eskom sê in 'n verklaring fase-2 beurtkrag sal van 10:00 Woensdag 2 Junie tot 22:00 op Vrydag 4 Junie toegepas word.

"Die load shedding is weens breakdowns in opwekkingseenhede by Majuba en Arnot-kragstasies vandag en verdere vertragings om eenhede by Arnott en Tutuka-kragstasies aan te sit."

Volgens die kragreus is noodopwekkingsreserves die afgelope paar dae gebruik om beurtkrag gedurende die dag te vermy.

"Dit het daartoe gelei dat daar geen noodopwekkingsreserves is nie en die beskikbare kapasiteit verminder het.

"Dit is daarom noodsaaklik om beurtkrag tot Vrydagaand te implementeer."

Intussen doen die staatsbeheerde-instelling ook 'n beroep op Suid-Afrikaners om hul kragverbruik te verminder.

Click hier vir jou beurtkrag skedule of raadpleeg jou munisipale skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters