4 maande gelede
Life vir vrou wat nefie verkrag
 ~ 

‘N VROU van KwaZulu-Natal, wat haar tienjarige nefie verskeie kere verkrag het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die 30-jarige vrou is in die Eshowe-streekshof skuldig bevind en is gister gevonnis.

Lt. Kol. Thulani Zwane, ‘n polisiewoordvoerder, sê dié vonnis stuur ‘n sterk boodskap aan ander wat hulle aan sulke kriminele aktiwiteite skuldig maak.

Die seun is verlede jaar in Augustus verkrag ná die vrou na sy broer se verjaarsdagpartytjie in Maqhwakazi genooi is.

“Ná die partytjie het die seun, die vrou en familielede in ‘n rondawel geslaap. Die vrou is in die middel van die nag betrap terwyl sy besig was om die seun te verkrag,” sê Zwane.

“Toe die seun oor die verkragting uitgevra is, het hy aan sy ma vertel dat die vrou dit op twee vorige kere gedoen het.” - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters