3 maande gelede
Letsatsi-Duba bedank as LP
Dipuo Letsatsi-Duba  ~ argief

DIPUO Letsatsi-Duba, voormalige minister van staatsveiligheid en ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het as parlementslid bedank.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder van die kantoor van die ANC-hoofsweep, het aan News24 bevestig dat hulle ‘n bedankingsbrief van Letsatsi-Duba ontvang het.

Dit kom ná Nomaindia Mfeketo, voormalige minister van menslike nedersettings, ook dié week as parlementslid bedank het.

Die nuus kom ‘n week ná pres. Cyril Ramaphosa die samestelling van sy kabinet bekendgemaak het.

Altesaam 14 ministers van die vorige administrasie het nie daarvan deelgevorm nie.

Letsatsi-Duba is deur Ayanda Dlodlo, voormalige minister van openbare dienste en administrasie, opgevolg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters