8 dae gelede
Lawyers lugtig vir dié saak
VAS: Sizwe Biyela, Nathi Khumalo en Vuyile Maliti.  ~ Netwerk24 / Jaco Marais

DIS ’n stryd om lawyers te kry wat bereid is om twee van die mans te verteenwoordig wat teregstaan vir die beweerde hit op die Kaapse advokaat Pete Mihalik, het die Wes-Kaapse Hooggeregshof Vrydag gehoor.

Susan Booysen, die aanklaer, sê daar was probleme om regsverteenwoordigers aan boord te kry vir Sizwe Biyela en Nkosinathi Khumalo. Daar sal in ander provinsies gesoek moet word.

Albei het om regshulp aansoek gedoen.

Die twee het saam met Vuyile Maliti voor regter Mushtak Parker verskyn vir hulle eerste voorverhoor in die hooggeregshof.News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters