11 dae gelede
Landdros kry wagte ná dreigemente
Landdros Manesa Zondo is glo gedreig om borgtog toe te staan.  ~ Foto Verskaf

DIE departement van justisie het beskerming goedgekeur vir 'n landdros wat die borgtogverhoor van 'n munisipale speaker hanteer het.

'n Emosionele landdros Manesa Zondo het Woensdag vertel hoe hy deur individue gedreig is wat wou hê dat hy borgtog moet toestaan aan Khaya Segone, speaker van die Victor Khanye-munisipaliteit.

Zondo sê hy en sy familie is gedreig deur mense wat sê hulle weet waar hy bly. Hy het wel R50 000 borgtog aan Segone toegestaan.

Segone staan tereg op 17 klagte wat ernstige aanranding en roof met verswarende omstandighede insluit. 

Hy word ook daarvan beskuldig dat hy voorgegee het om 'n metropolisieman te wees asook dat hy die voormalige burgemeester, Eva Makhabane, geteister het. Sy was na bewering deur Segone en 'n groep, wat as die Yellow Overall Gang bekendstaan, aangeval.

Dié gang voer na bewering 'n skrikbewind in Delmas. - SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters