28 dae gelede
KYK: Shoprite aanvaar Cyril se uitdaging
Werknemers van Shoprite het ook die dansuitdaging aanvaar.  ~ Foto Verskaf

DIE Shoprite-groep het pres. Cyril Ramaphosa se uitdaging aanvaar en die Jerusalema Challenge ter viering van Erfenisdag gedoen. 

Shoprite het as deel van 'n interne kompetisie meer as 300 videos van die dans van sy werkers ontvang. Dit is toe in een video saamgestel. Die groep sê in 'n verklaring die kompetisie was 'n manier om die gees en toewyding van sy frontline heroes te vier.

Oor die afgelope paar weke het werkers van Shoprite, Checkers en Usave van regoor die vasteland videos van hul weergawe van die Jerusalema-dans ingestuur.

Die Jerusalema-liedjie van Master KG en Nomcebo asook sy dans is wêreldwyd bekend en die amptelike musiekvideo is reeds meer as 151 miljoen keer op YouTube gekyk.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters