25 dae gelede
KYK: Hugo, bel die polisie!
fight
Die woeste bakleiery het viral op sosiale media gegaan.  ~ skermgreep

'N VIDEO van 'n woeste bakleiery tussen twee groepe mense is tans besig om viral te gaan op sosiale media.

Die video begin met 'n gestryery by 'n huis tussen die twee groepe mense.

'n Bakleiery breek dan skielik uit waarna 'n vrou, wat die video maak, herhaaldelik skree: "Hugo, bel die polisie."

Intussen word 'n vrou deur 'n ander een vuurwarm geklap en 'n ou met 'n prostetiese been sluit ook later aan.

Die persoon wat die video maak skree agterna "julle is huurders hier. Julle is Maandag uitgesit."

Die deurmekaarspul eindig wanneer van die mense met 'n kar wegry.

Dis onseker wanneer die voorval plaasgevind het en waaroor die bakleiery eintlik gegaan het.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters