13 dae gelede
Kreefduikery word tragedie
'n Man het verdrink toe hy gaan kreef duik het.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE liggaam van ‘n kreefduiker het Maandag in Bettiesbaai naby Kaapstad uitgespoel.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, sê die man het Sondag met sy vriende gaan duik toe hy onder die water verdwyn het.

Die vriend het blykbaar uit die water gekom en gewag tot die oorledene opkom, maar hy het nie.

Lambinon sê ‘n helikopter van die nooddienste het ‘n man sien dryf onder die water.

Die man is toe uitgetrek en deur die paramedici behandel, maar is later dood verklaar.

‘n Geregtelike ondersoek is geopen. – The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters