5 maande gelede
Kragboks vreet units ná shedding
SKOONVELD: Past. George Nutt raak nuts oor sy krag-units wat ná elke beurtkragsessie voete kry.  ~ Isaac Cloete

BENEWENS die ongerief van load shedding, blyk dit mense se krageen­hede kry ook voete.

Dit gebeur veral nadat ’n beurtkragsessie verby is en die krag weer aanslaan, kla verskeie inwoners van die Nama Khoi-munisipaliteit in Spring­bok.

Pastoor George Nutt van Concordia het dié naweek 2,27 eenhede op sy prepaid kragboks verloor.

Volgens Nutt het hy onlangs een Saterdag net voor die beurtkrag seker gemaak van die tally van sy kragboks se units.

Nutt vertel driftig: “Ek het ’n pic gevat van die lesing toe beurtkrag begin. Die lesing was 50,62. Toe die krag aankom, het ek weer ’n lesing geneem.

“Tot my verbasing het dit gewys 48,35. Wat het met die 2,27 eenhede gebeur terwyl alle toestelle af was weens die beurtkrag?”

Nutt vertel dit het ook vier dae vroeër gebeur. Toe het hy weer pics gevat en ontdek 7,57 eenhede is net missing.

“Dis blatante diefstal by miljoene verbruikers, want hulle moet weer ekstra krag aankoop.”

Benjamin Stevens, ’n ander inwoner, vertel hy’t op ’n keer 12 eenhede verloor.

Beraldine Raza worry ook oor die kragbokse wat so kroek. Sy het dit agtergekom toe sy 10 units verloor het.

By Chrizel Raymond was 13 units weg. Sy dink dis belaglik.

Die Springbok-area gaan die laaste tyd gebuk onder baie kragonderbrekings – dit is nou bo en behalwe die gewone beurtkragskedule.

Samantha Tatas-Titus, munisipale bestuurder by die Nama Khoi-munisipaliteit, sê sy is bewus van die in­woners se bewerings.

Stuwing

Sy sê: “Mense met sulke probleme moet tot by die munisipaliteit kom sodat ons iemand na hulle kan uitstuur. Of hulle kan ’n amptelike klag gaan indien by bystand sodat ons kan gaan kyk wat daar aangaan.”

Ted Blom, ’n onafhanklike energiekenner, sê dat dit tegnies moontlik is weens ’n stuwing (surge) in die elektriese stroom ná load shedding. Volgens hom sal ’n printout alle twyfel uit die weg ruim.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters