28 dae gelede
Krag kry ook 'n curfew
kers,beurtkrag
Fase-2 beurtkrag sal vantoepassing wees tussen 22:00 en 05:00.  ~ 

HAAL maar die kerse uit wanneer die curfew strike, dis nie net level-3 lockdown nie maar ook beurtkrag.

Eskom het Dinsdagmiddag aangekondig dat fase-2 beurtkrag sal Dinsdagaand vanaf 22:00 tot Woensdagoggend 05:00 geimplimenteer word.

Daar sal Woensdagaand ook 'n herhaling hiervan wees.

Sikonathi Mantshantsha, 'n woordvoerder vir Eskom, sê die beurtkrag is noodsaaklik op noodopwekkingsreserwes te bewaar, ter voorbereiding op 'n groter vraag wat in Januarie verwag word. Dit soos die ekonomiese aktiwiteite hervat word.

Hy voeg by: "Daar is tans 9 745 MW op beplande instandhouding, terwyl nog 11 346 MW kapasiteit weens onbeplande instandhouding nie beskikbaar is nie."

Volgens Mantshantsha werk Eskom-spanne 24-uur 'n dag om die eenhede wat tans buite-werking is weer indiens te neem.

Click hier vir jou beurtkrag skedule of raadpleeg jou munisipale skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters