3 maande gelede
Beampte geskors ná seksvideo
df
Die beampte in die video is geskors ná 'n video van die seksdaad in die sosiale media gedeel is.  ~ Skermgreep

'N KORREKTIEWE beampte van 'n tronk in KwaZulu-Natal is geskors nadat sy op kamera betrap is waar sy seks met 'n gevangene het. 

Die video van die voorval is in die sosiale media gedeel. Die beampte en gevangene is van die Ncome-gevangenis in KwaZulu-Natal.

"Ons het 'n skorsingsbrief op die korrektiewe beampte beteken. Die brief is aan haar oorhandig en sy is nou geskors. Die ondersoek strek ook nou verder as net die twee mense betrokke in die video," het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), gesê. 

Nxumalo sê ook bewerings op Twitter, dat die twee getroud is, is onwaar. 

"Dis nie waar nie. Daar's geen verhouding nie," het hy aan News24 gesê.

Die DKD het Dinsdagaand gesê hulle is geskok en platgeslaan oor die video.

"Seksuele aktiwiteite tussen gevangenes en korrektiewe beamptes is skandelike voorvalle wat nie van ons beamptes verwag word nie. Korrektiewe beamptes word verwag om aan die gedragskode te voldoen en veragtelike dade van seksuele aktiwiteite met gevangenes sal nooit geduld word nie," het die departement toe gesê. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters