15 dae gelede
Komitee wil hê grense moet sluit
South Africa Zimbabwe Beitbridge Border December 2
Vragmotors wag in lang rye by die Beitbrug-grenspos.  ~ Gallo Images

DIE parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake wil hê die land se grense moet gesluit word weens die uitdagings by sekere toegangspunte.

Dit kom nadat vragmotorbestuurders dae lank by die Lebombo-grenspos in Mpumalanga moes wag. Daar is ook lang toue mense by dieselfde toegangspunt wat wag om die land binne te kom.

Daar is opeenhopings op die N4 voor Komatipoort weens vragmotors en openbare vervoer wat wag om die grens na Mosambiek oor te steek.

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het vroeër gewaarsku Suid-Afrika word deur 'n humanitêre krisis by sy grensposte in die gesig gestaar.

Die portefeuljekomitee vra die regerings van Mosambiek en Suid-Afrika om met oplossings vorendag te kom om die opeenhopings te verlig. - SABC


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters