8 dae gelede
Kobus Wiese sterk aan ná hartaanval
Kobus Wiese  ~ 

DIE oud-Springbokslot en rugbykommentator Kobus Wiese sterk in die hospitaal aan nadat hy Dinsdagaand 'n hartaanval gehad het.

Wiese, wat deel van die seëvierende 1995-Wêreldbekerspan was, is Dinsdag na die Mediclinic Panorama-hospitaal gehaas waar 'n stent in 'n vernoude aar gesit is.

Toks van der Linde, 'n vriend, het aan die radiostasie CapeTalk gesê Wiese is geestelik sterk en gaan dit maak. 

"Hy kan nie oproepe in die ICU neem nie, maar ons Whatsapp mekaar en ek is in kontak met sy vrou, Belinda. Ek het vir hom gesê hy het nou 'n tweede kans en moet na homself kyk. Ek het nie gisteraand geslaap nie. Ek was so uitgeput, maar Kobus is 'n sterk persoon."

Wiese gaan oor die volgende 72 uur gemonitor word.

In sy speeldae het hy 18 keer vir die Springbokke uitgedraf en ook 128 keer vir die Lions. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters