7 maande gelede
Kliniekwerker vas oor ARV's
aids,  hiv
Die polisie het beslag gelê op 'n groot aantal ARV's.  ~ Foto ter Illustrasie

TWEE mans is gearresteer nadat die polisie in Bloemfontein beslag gelê het op 'n groot aantal anti-retroviale pille.

Die ARV's is in die boot van BMW by die treinstasie in Bloemfontein gevind.

Die motor is in die Oos-Kaap geregistreer.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê een van die verdagtes is 'n 33-jarige man wat by 'n kliniek in Lady Grey in die Oos-Kaap werk.

Die ander een is 'n 45-jarige man.

Die polisie ondersoek tans 'n klag van besit van vermoedelik gesteelde goedere. - SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters