12 dae gelede
Kleuter (3) dood en 16 beseer in botsing
Drie jarige sterf in ongeluk
Drie jarige sterf in ongeluk  ~ verskaf

'N DRIEJARIGE kind is Vrydag dood in 'n botsing reg van voor in die Vhembe-distrik van Limpopo.

Nog 16 mense is in die ongeluk tussen 'n motor en 'n minibustaxi beseer.

Mike Maringa, ‘n woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê die ongeluk het op die R578-pad naby Mbokota plaasgevind.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat een van die voertuie verkeer op die sperstreep verbygesteek en toe met 'n aankomende voertuig gebots het.

"Die bestuurder van die motor en 'n passasier het ernstige beserings opgedoen, terwyl 'n driejarige kind van dieselfde voertuig op die toneel dood verklaar is," sê Maringa.

Die taxibestuurder en 13 passasiers het met ligte beserings ontsnap. – Jacaranda FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters