12 dae gelede
Klagte ná perde verwaarloos word
Welkom SPCA
Welkom SPCA  ~ 

DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het 'n klag van dieremishandeling gelê na 68 perde, wat aan die Lesotho-regering behoort, verwaarloos is.

Die DBV moes meeste van die perde, wat op 'n erf buite Hobhouse in die Vrystaat aangehou is, onmiddellik uitsit.

Tebogo Maswanganye, 'n inspekteur van DBV in die Rosestad, sê tydens hul ondersoek het dit gewys die diere behoort aan die weermag van die Lesotho-regering.

"Daar was glo net een bevelvoerder aan diens wat verantwoordelik was vir die diere op die plaas, maar nie een van die siek perde is deur 'n veearts behandel nie," sê Maswanganye.

Die DBV het tydens hul ondersoek op 21 Junie ses dooie perde gekry.

Drie ander het simptome gehad wat swaar asemhaling en wanvoeding insluit.

Die perde was in verskriklike pyn weens ontwatering en haglike omstandighede.

Maswanganye sê dit was wreed en skokkend.

Die perde wat gekonfiskeer is, is tans in hulle sorg.

Hulle wag nog op hofdatum. - OFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters