5 dae gelede
Kinderonderhoud betalings vertraag
Geld
Kinder onderhoud toelae  ~ Foto ter illustrasie-Peter Abrahams

BEGUNSTIGDES van kinderouderhoud kan vertragings met die uitbetaling verwag.

Die vertraging is wees die departement se IT-stelsel wat gehack was.

Die departement van justisie het laasweek bekendgemaak dat hul stelsel gehack was.

Nou sê die departement dat kinderonderhoud betalings vertraag sal wees omdat die departement se stelsels, insluitende MojaPay, tans nie toeganklik is nie. MojaPay is die stelsel wat gebruik word om betalings te administreer.

Steve Mahlangu, 'n woordvoerder vir die departement, verduidelik dat hulle nie die presiese tyd het wanneer die stelsel herstel sal wees en uitbetalings geskied nie.

"Die departement sal seker maak dat alle kinderonderhoudsgelde veilig gehou word vir betalings aan die regte begunstigdes, wanneer die stelsel weer aanlyn is."

Hy voeg by dat IT-kundiges daarin geslaag het om 'n alternatiewe stelsel op te stel, vir beter koördinering.

Intussen is ander tussentydse maatreëls ook getref. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters