9 dae gelede
Kind onder 3 dood in Limpopo ongeluk
ongeluk
Drie mense is dood toe twee motors bots.  ~ verskaf

Drie mense, waaronder 'n kind, is dood Saterdag toe twee sedans op die R101 tussen Maubane en Pienaarsrivier gebots het.

Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê die noodlottige ongeluk het vermoedelik plaasgevind toe een van die voertuie die ander een wou verbysteek.

Die pad is tydelik gesluit terwyl nooddienste die ongelukstoneel skoon maak het. 

Intussen is vier mense Vrydag dood in 'n ongeluk toe twee voertuie op die D856-pad naby Philadelphia in die Sekhukhune-distrik gebots het. 

Die bestuurders van beide voertuie en twee passasiers is op die toneel dood verklaar.

Een passasier is met ernstige beserings na die hospitaal geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters