3 dae gelede
‘Killer pa’ se bail geweier
Mokete Legodi se aansoek om borgtog is geweier.  ~ Foto ter illustrasie: Son

'N MAN van Noordwes wat na bewering sy tweejarige babadogtertjie vermoor het, is borgtog geweier.

Mokete Legodi het Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Hy is in Mei gearresteer nadat bure die meisie se lykie in sy huis se ceiling gevind het. Hy het na bewering die meisie ontvoer terwyl haar ma in die hospitaal was.

Die staat het borgtog teengestaan op gronde dat hy weens die erns van die misdaad sal vlug.

Adv. Riekie Krause, staataanklaer, het ook genoem dat Legodi die kind se ma vanuit die tronk gebel het. 

Legodi verskyn volgende maand weer in die hof. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters