6 dae gelede
'Killer' laat vaar bail aansoek
Precious Ramabulana (21)  ~ Foto Verskaf

DIE vermeende moordenaar van 'n student van Limpopo het sy aansoek om borgtog laat vaar.

Aubrey Manaka (28) het Maandag vlugtig in die Morebeng-landdroshof verskyn.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Precious Ramabulana (21) verkrag en vermoor het.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo, sê Manaka het nog nie op die klagte teen hom gepleit nie.

Hy is Donderdag gearresteer, vier dae nadat Ramabulana se liggaam in haar kamer gevind is.

Die student aan die Carpricorn TVET-kollege is 52 keer gesteek.

Manaka is na bewering in besit van haar SIM-kaart gevind asook die voorwerp waarmee hy haar gesteek het en bebloede klere. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters