6 dae gelede
Kiepies vries vas in KZN se hawe
Sit vas: Bevrore hoender moet nog in die Durbanse hawe wag.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

SOWAT 20 000 ton bevrore hoender sit op skepe in en rondom die Durban-hawe vas met nóg vragte wat op pad is.

Hoewel hawens vinnig besig is om na normaal terug te keer, is daar ’n vertraging om dié vragte hoender uit te kry. Dít volg ná verlede week se onluste en plundering wat veral KZN swaar getref het.

Daar is tans ’n agterstand met die voedseltoets-protokolle wat op ingevoerde voedsel gedoen word omdat laboratoriums nog nie beskikbaar is nie.

Uitgebrand

Business Insider berig dis veral die kleiner dorpies in KZN wat sukkel om kos by hulle afgelewer te kry.

Die probleem is voorts dat soveel koswinkels vernietig is en baie trokke uitgebrand is. Vervoer is dus nie so maklik soos voorheen nie.

Daar is ná ’n opname bevind dat slegs 4 % van KZN dié week voedsel­sekuriteit gehad het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters