4 maande gelede
Kids vas ná raid by skool
 ~ 

JOHANNESBURG. – Drie leerlinge by ’n skool in Eldoradopark is gearresteer nadat hulle koeëls by die skool verkoop het.

’n Woordvoerder van die polisie, brig. PH van Dyk, het gesê die polisie het die laaste tyd raids by al die hoërskole in die area gedoen.

Dis gedoen nadat meer kinders dwelms in die skole begin gebruik het.

“Raids word elke week by skole gedoen.

Handel

“Dit is deel van die polisie se mandaat wat in vennootskap met die onderwysdepartement en ander rolspelers is.”

Volgens Van Dyk is nog twee leerlinge gearresteer nadat een ’n vervalste vuurwapen by hom gehad het en ’n ander met dwelms handel gedryf het. Die polisie het ook beslag gelê op wyn, sigarette en gevaarlike wapens.

Die kinders word in die sorg van hulle ouers gelaat totdat hulle in die hof verskyn.– News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters