15 dae gelede
Kiddy porn-ou vir derde keer mang toe
'n Man is onlangs vir die derde keer tronkstraf opgelê vir die besit van kinderpornografie.  ~ Foto ter Illustrasie

‘N OU wat al voorheen tronkstraf vir die besit van kinderpornografie uitgedien het, is onlangs weer vir dieselfde klag tjoekie toe gestuur.

Brett Allan Steven (46) is Vrydag in die Port Shepstone-streekhof 10 jaar tronkstraf opgelê waarvan vyf jaar opgeskort is. Hy het skuldig gepleit.

Steven is op 30 Maart in Betania deur die polisie se eenheid belas met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksmisdrywe gearresteer. Hy is met 467 foto’s van kinderpornografie op sy tablet betrap.

Steven is in 2006 in Oos-Londen ook met kinderponografie in sy besit betrap. Hy is daarvoor agt jaar tronk tronkstraf opgelê waarvan drie jaar opgeskort was. 

In 2011 was hy weer met meer as 3 000 foto’s van kinders gevind en is sewe jaar tronkstraf daarvoor opgelê. – The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters