11 dae gelede
Khusela Diko se man sterf
Chief Madzikane II Thandisizwe Diko
Hoofman Thandisizwe Diko II  ~ Lindile Mbontsi

HOOFMAN Thandisizwe Diko II, eggenoot van pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, het in die hospitaal gesterf.

Prins Vuluthuba Sangoni, Khusela se broer, het die nuus aan Daily Dispatch bevestig.

Sangoni het gesê hulle is platgeslaan oor Diko (43) se dood.

‘‘Dit het as 'n skok gekom.’’

Diko was onlangs in die nuus weens sy betrokkenheid by 'n omstrede tender van R139 miljoen van die Gautengse departement vir gesondheid vir die verskaffing van beskermende drag.

Khusela Diko is steeds met spesiale verlof daaroor.

Die tender is na bewering met 800% opgeblaas. Die spesiale ondersoekeenheid probeer steeds om van die geld terug te kry. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters