3 maande gelede
Khoisan kies simboliese SA leier
reg om te stap: Chief Khoisan SA is reg om Pretoria toe te stap vir die erkenning van sy Khoi-Boesman-regte. FOTo verskaf  ~ 

’N KLEIN groepie Khoisan het op die verkiesingsdag besluit om hulle eie verkose leier van Suid-Afrika simbolies in te huldig.

Dié gebeurtenis het op die trappe van die Unie­gebou in Tshwane plaasgevind. Die seremonie is onder die Nelson Mandela-beeld gehou.

Chief Khoisan SA is sim­bolies verkies tot die land se leier.

Die keuse om chief Khoisan SA in te huldig, volg nadat die Khoi- en San-mense al maande lank vir die regering wag om hulle tot eerste nasie van Suid-Afrika te verklaar.

Chief Khoisan SA en ’n groepie Khoisan-mense kamp al langer as vyf maande buite die Uniegebou. Dis nadat hulle­ in November 2018 oor die 1 200 km vanaf Port Elizabeth na Tshwane gestap het.

Verbranding

Die groep meen die SA regering wil hulle nie as eerste nasie erken nie. Dus verklaar hulle hulself so.

Die inhuldigingseremonie het begin met die verbranding van die impepho-plant.

Dit is ’n plant wat gebruik word om ’n gebied skoon te maak en ontslae te raak van slegte energie.

Die Khoisan-priester Victor Gelderbloem het chief Khoisan SA toe gesalf en hom tot simboliese leier van die volk verklaar.

“Dis ’n daad van politieke trotsering, aangesien daar sedert­ die totstandkoming van die demokrasie 25 jaar gelede nog niks vir die Khoi- en San-mense in Suid-Afrika gedoen is nie,” sê Gelderbloem. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters