3 maande gelede
Ketting help teen kardiewe
Trudy Beetge took this photo of a car parked on th
Trudy Beetge took this photo of a car parked on the side of a road in Glenwood. (Facebook)  ~ 

'N MOTORIS van KwaZulu-Natal het 'n nuwe en meer kreatiewe manier gevind om ‘n motor teen misdadigers te beskerm – deur dit aan ‘n lamppaal vas te ketting.

Trudy Beetge, 'n eiendomsagent, het selfs 'n U-turn in Glenwoodstraat gemaak om 'n foto van die gekettingde blou Ford Fiesta te neem.

Beetge sê aan News24 sy het haar dogter by die skool opgetel toe sy die kar raaksien.

“My eerste gedagte was: ‘Dit kan nie wees nie’,” het sy gesê.

“Ek het agter die motor gaan parkeer en die foto geneem om met my vriende te deel. Ek het heeltyd oppad huis toe gelag.”

Die foto het viral gegaan sedert dit Dinsdag op sosiale media gedeel is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters