Verlede maand
Katlego ná Nuwejaar in die selle
innie hof: Katlego Maboe is glo net ná Nuwejaar gearresteer nadat sy eks Monique Muller ’n saak teen hom gemaak het.Foto: TWITTER  ~ 

DIE omstrede TV-aanbieder en voormalige gesig van OUT­surance, Katlego Maboe, was glo kort ná Nuwejaarsdag in die selle.

Rapport berig die cops het bevestig hy’t op 6 Januarie in die hof verskyn nadat sy eksmeisie en baby momma, Mo­nique Muller, ’n saak teen hom gemaak het.

Luidens die berig wou die polisie nie veel uitlaat oor die klag wat teen die TV-persoonlikheid gelê is nie.

Katlego se nuwe woordvoerder, Lerato Maleswena, hou egter vol die klag is vals.

Volgens die woordvoerder wil Katlego se eksmeisie hom viktimiseer en gevolglik sy reputasie verwoes en hom finansieel pootjie.

Luidens die berig het Katlego sy baby momma uit ’n woonstel gesit en nie die volle paaiement van die huurgeld betaal nie.

Boodskappe

Ons het voorheen berig dat die omstrede aanbieder voor was vir ’n afsonderlike hofsaak oor hy na bewering ’n beskermingsbevel wat sy eksmeisie teen hom uitgeneem het, nie gehoorsaam het nie.

Intussen is Katlego se prokureur, Ellen Louis, by die Regspraktykraad verkla oor sy glo gemene boodskappe aan Mo­nique se familie stuur.

Rapport berig dié prokureur het ’n boodskap aan ’n oom van Monique gestuur wat lees: “Jy is so lae klas, is jy haar pa of haar sugar daddy?”

Die oom het glo ’n boodskap teruggeskryf wat lees: “Jy is so ’n irriterende p**s.”

Die prokureur het toe ge­reageer: “Jy moet nooit ’n wit vroulike prokureur onderskat nie.”

Netwerk24 berig die Regspraktykraad het bevestig hy het ’n klagte teen die bogenoemde prokureur ontvang.

Nie Monique of die prokureur wou enige kommentaar lewer nie oor hulle verbied is om met die media te praat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters