Verlede maand
Katlego express vir eers nie
katlego maboe
DIE ontbytprogram Expresso Morning Show het sy aanbieder Katlego Maboe vir eers van die lug afgehaal. FOTO: Expresso Morning Show  ~ 

DIE ontbytprogram Expresso Morning Show het sy aanbieder Katlego Maboe vir eers van die lug afgehaal ná bewerings dat hy sy partner mishandel en ’n seksuele oordraagbare siekte gegee het.

In ’n persverklaring het die SABC 3-oggendprogram gesê dat hulle ’n interne ondersoek loots.

“Sulke ernstige bewerings is op sosiale media oor Katlego gepost en Donderdagaand het ’n video uitgelek waar hy erken dat hy sy partner verneuk het.

“Ons is ingelig dat ’n regsproses aan die gang is.

“Ons veroordeel enige aksies van geweld en mishandeling veral teenoor vroue en kinders en ons neem sulke bewerings ernstig op.

“Totdat hierdie saak klaar ondersoek is en die uitkoms daarvan bekend gemaak is, gaan Katlego nie op die Expresso Morning Show verskyn nie.”

Die versekeringsreus Outsurance het ook aangekondig hulle die advertensies met Maboe in onmiddellik verwyder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters