2 maande gelede
Jurie nog uit in bedrogsaak
aangekla: Die hofsaak teen Jurie Roux word in 2019 hervat.Foto: Gallo Images  ~ 

DIE hof hardloop stadiger as die Springbok-rugbyspan met die bedrogsaak van Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

Die Universiteit Stellenbosch beweer Roux het tussen 2002 en Oktober 2010 geld onregmatig tussen verskillende entiteite rondgeskuif. Hy was toe direkteur en later hoofdirekteur van finansiële beplanning en batebestuur.

Verskeie rugbyspelers het daarby baat gevind.

Benewens die strafregtelike klag het die universiteit ook ’n siviele eis van R32 miljoen teen Roux ingestel. Roux is einde 2010 as Saru se uitvoerende hoof aangestel. Sy law­yer, Frikkie Erasmus, het gister gesê die hofrol is vol en hulle kan dalk eers oor twee weke ’n hofdatum kry.

Intussen tel hulle maar tande totdat die klerk van die hooggeregshof met ’n datum terugkom.

Volgens Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het hulle lawyers en Roux s’n saamgestem die saak is reg vir verhoor. Viljoen reken ’n regter sal die klerk van die hof teen Maandag die go-ahead gee.

Hulle verwag ’n verhoor­datum iewers ná April 2019.

Kapt. Philani Nkwalase van die Valke het gesê die siviele saak is aan die gang, maar Roux sê daar is nie ’n strafregklag teen hom nie. Dit sal van die Valke se ondersoek afhang of Roux vervolg gaan word, sê Nkwalase.

Ondersteun

Andy Colquhoun, ’n woordvoerder van SA Rugby, het terugverwys na ’n stokou verklaring van SA Rugby op 3 Maart 2016. Daarin sê SA Rugby hy staan by sy CEO. Colquhoun sê dít het nie verander nie. Hulle ondersteun Roux.

Adv. SA Cilliers SC en prof. Michael Katz van ENSafrica is destyds deur SA Rugby gevra om die saak te hanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters