DIE polisie ondersoek 'n voorval waarin 'n 13-jarige seun na bewering deur 'n 28-jarige nasorgjuffrou verkrag is.
Die voorval het by die Laerskool Brandwag in Bloemfontein gebeur.
Motantsi Makhele, ‘n polisiewoordvoerder, sê die juffrou is Dinsdag in verband met die voorval gearresteer.
Makhele sê die saak word deur eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek.
Daar word beweer die juffrou het die seun eers na ‘n woonstel geneem waarna die beweerde verkragting plaasgevind het.
Tate Makgoe, LUR vir onderwys in die Vrystaat, sê sy is tevrede met die arrestasie van die juffrou wat deur die skool se beheerliggaam aangestel is. – The Citizen