15 dae gelede
Joost se broer skiet rowers dood
Pieter van der Westhuizen
Pieter van der Westhuizen  ~ Foto Verskaf

PIETER van der Westhuizen het die nodige stappe geneem om sy lewe en dié van sy mede-gemeentelede te beskerm toe hy twee gewapende rowers in 'n kerk doodgeskiet het.

Só verduidelik sy prokureur, Ulrich Roux, die gebeure wat hom Sondagoggend by 'n kerk in Centurion afgespeel het.

Roux sê Van der Westhuizen, broer van die Springbok-legende Joost, het Sondag sy gelisensieerde vuurwapen gebruik toe een van die rowers die pastoor ge-gunpoint het.

"'n Voorval het Sondagoggend by 'n kerk plaasgevind. Teen die einde van die diens, het drie gewapende mans die kerk binnegegaan en waardevolle items by kerkgangers geëis," verduidelik Roux.

"Een van die rowers het 'n vuurwapen teen die pastoor se kop gehou en skote is afgevuur waarna my kliënt, wat sy gelisensieerde vuurwapen by hom gehad het, die nodige stappe geneem het om sy lewe en dié van ander kerkgangers te beskerm."

"Twee van die rowers is in die voorval doodgeskiet, die derde een het weggekom. My kliënt is in die stadium in kontak met die polisie. Ons gaan ons volle samewerking aan die polisie gee. Hy is nog nie aankla van enige misdryf nie." - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters