3 dae gelede
Joost se broer nie vervolg
Pieter van der Westhuizen kort ná die skietery in die kerk in Julie 2020.  ~ 

PIETER van der Westhuizen, broer van die Springboklegende Joost, gaan nie vervolg word omdat hy twee rowers verlede jaar tydens 'n kerkdiens in Centurion doodgeskiet het nie.

Hy is ná 'n geregtelike doodsondersoek van enige kwaaddoenery vrygespreek.

Ulrich Roux, Van der Westhuizen se regsverteenwoordiger, sê die polisie-ondersoek het bevestig dat sy kliënt uit selfverdediging opgetree het. 

"Dit het in alle waarskynlikheid voorkom dat kerkgangers deur gewapende rowers seer- of doodgemaak word," sê Roux in 'n verklaring.

Van der Westhuizen het in Julie 2020 op die rowers begin skiet toe hulle kerklede van die Querencia Ministries Church begin beroof. 'n Derde rower het in die wegkom-motor gevlug.

Die geregtelike doodsondersoek moes bepaal of Van der Westhuizen nalatig of sonder regverdiging opgetree het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters