7 dae gelede
Jong man kry life vir rape van bejaarde
'n 26-jarige man gaan lewenslank agter tralies deurbring.  ~ Foto Verskaf

’N 26-JARIGE man is lewenslank tjoekie toe gestuur vir die verkragting van 'n 76-jarige vrou in Morokweng naby Vryburg in Noord-Wes.

Reabaka Alphius Baikepi is Dinsdag in die Ganyesa-streekshof vir sy vuil dade gevonnis.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, 'n polisiewoordvoerder, is Baikepi op 5 Januarie 2019 in hegtenis geneem.

“Die ouma het in April 2017 alleen in haar huis geslaap toe Baikepi ’n venster gebreek het om toegang tot die huis te kry,” sê Funani.

Hy het haar mond toegedruk sodat sy nie kan skree nie en haar verkrag.

Daarna het hy die ouma se kamerdeur gesluit en met die sleutel gevlug.

Hy is egter later by sy huis in Morokweng gearresteer nadat hy met DNS met die voorval verbind is. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters