Verlede maand
Jong ma gooi kind dood op grond
baby and mother
Die 24-jarige vrou word van moord aangekla.  ~ Foto ter illustrasie: Unsplash

'N JONG ma verskyn binnekort in die hof in Mpumalanga nadat sy haar drie maande oue baba tydens 'n onderonsie met die kind se pa op die grond gegooi het.

Die voorval kom nadat die 24-jarige ma Vrydag die pa van die kind op 'n plaas in Avontuur naby Middelburg besoek het.

Brig. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, vertel die man het met hul aankoms geweier om hulle binne te laat.

Sy het toe na bewering gedreig om hul baba dood te maak as hy nie die deur oopmaak nie.

"Daar word gesê die vrou het die baba toe op die grond gegooi," sê Hlathi.

Die baba is ná die polisie en paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

Hlati voeg by: "Die polisie se ondersoek het sedertdien gevind die vrou is oorspronklik van Zimbabwe en dat sy nie in besit van die nodige dokumente was om in Suid-Afrika te wees nie.

"Daar is ook 'n klag van oortreding van die Wet op Immigrasie." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters