3 maande gelede
Jonas sal MTN lei
bom: Mcebisi Jonas sê ’n senior lid van die Valke wou die saak laat verdwyn. Foto: netwerk24  ~ 

DIE MTN-groep het Vrydag aangekondig die voormalige adjunkminister van finansies Mcebisi Jonas is as aangewese voorsitter aangestel. Fin24 berig die pos as groepvoorsitter sal op 15 Desember amptelik word wanneer Phuthuma Nhleko, die huidige voorsitter, uittree.

Die telekommunikasiediensverskaffer sê hy sal ’n internasionale adviesraad instel waarop “vooraanstaande persone met aansienlike en omvattende ervaring” sal dien “om die MTN-groep raad, leiding en ondersteuning te gee” in sy visie om sy voetspoor in Afrika en wêreldwyd uit te brei en digitale insluiting te vergroot.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters