3 maande gelede
Joernalis op pad dood
Ngwako Modjadji
Ngwako Modjadji.  ~ Supplied

’N SENIOR joernalis van City Press is gister in ’n ongeluk in Soweto dood.

Volgens die koerant was Ngwako Modjadji in ’n hit-and-run betrokke.

Die voorval het Saterdagaand gebeur.

Die koerant het in ’n verklaring gesê hy en Modjadji se familie kondig met spyt sy dood aan.

Luidens die verklaring het ’n bestuurder gejaag toe hy Modjadji tref.

Modjadji se broer, States, het bevestig hy was Saterdagnag by hom.

Modjadji (40) het ’n nasionale diploma in joernalistiek aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie verwerf.

Verlies

Hy het vroeër by die koerante Sowetan en The Citizen gewerk, asook die tydskrif Drum, voordat hy verlede jaar by City Press begin werk het.

Die koerant se hoofredakteur, Mondli Makhanya, het gesê Modjadji se dood is ’n groot verlies vir joernalistiek.

“Hy was ’n skerp joernalis wat niks ontsien het vir ’n goeie storie nie. Hy het die term ‘innemende joernalis’ verpersoonlik.”

Volgens Makhanya het Modjadji dié naweek Jacob Zuma en Ace Magashule op ’n deur-tot-deur campaign in KwaZulu-Natal gevolg en ’n onderhoud met die voormalige president gekry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters