3 maande gelede
Jiba moet wag met kruisvrae
Adv. Nomgcobo Jiba  ~ foto24

ADV. Nomgcobo Jiba, voormalige adjunk van openbare vervolging, se aansoek om Angelo Agrizzi, eertydse Bosasa-baas, te kruisondervra, is vir eers op ys gesit.

Jiba se lawyer, Zola Majavu, het die aansoek gister by die kommissie van ondersoek na staatskaping ingedien.

Agrizzi het in Januarie getuig. Jiba wil sy weergawe – dat sy omkoopgeskenke gekry het – toets. Agrizzi het getuig Jiba het R100 000 in bribes gekry van Linda Mti, voormalige kommissaris van gevangenisse.

Hoorsê

Die kommissie se voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, het gisteroggend gesê hy is bekommerd dat Agrizzi in sy beëdigde verklaring gesê het hy’t nie persoonlike kennis van dié beweerde omkopery nie.

Ná gesprekke met Jiba se lawyers het Zondo besluit Jiba se aansoek om Agrizzi te ondervra, moet op ys gesit word.

Agrizzi se getuienis teen Jiba word as hoorsê beskou, maar dit kan verander ná die getuienis van ander getuies soos Mti.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters