Verlede maand
Jeugliga sê polisie moet opskud
Saps police tape
'n Lid van die ANC Jeugliga is die afgelope naweek doodgeskiet.  ~ Argief

DIE ANC Jeugliga het ‘n beroep op die polisie gedoen om vinnig op te tree om die mense te arresteer wat een van hul lede in Hammanskraal, noord van Pretoria, doodgeskiet het.

Lethabo Nkoana (25) is vermoedelik tydens ‘n vergadering die afgelope naweek geskiet.

Volgens EWN is die polisie opsoek na ‘n man wat in ‘n grys BMW weggejaag het.

Daar word verneem dat Nkoana vermoor is na ‘n uitval tussen afgevaardiges.

Sozophila Mkhize, ‘n woordvoerder van die taakspan wat aangestel is, sê hulle het Maandag die familie van die oorledene besoek.

“Ons glo die inligting wat ons aan die polisie verskaf het, is genoeg om die saak op te los.” 

Mkize sê hy dink nie dit behoort donkiejare te vat om die verdagte op te spoor nie. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters