10 dae gelede
Israeliese toeris verkrag, beroof
 ~ 

'N ISRAELIESE vrou wat in Mpumalanga op vakansie was is die afgelope naweek by 'n lodge in Graskop om die beurt verkrag.

Haar twee metgeselle is aangeval en beroof.

Brig. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die polisie is steeds op soek na vier mans wat met die aanval verbind word.

Hlathi het aan TimesLive gesê die mans het die vrou en die paartjie aangeval en aangedring dat hulle hul klere uittrek.

Hulle het die vrou toe verkrag en haar en die ander twee van hul se persoonlike besittings beroof voordat hulle van die toneel gevlug het.

Oupa Pilane, president van die Kruger Laeveld- kamer van handel en toerisme, het aan die Laevelder gesê sulke misdade moet prioritiseer word omdat die aantal toeriste, wat die area besoek, daagliks daal. - News24

genoeg is genoeg
#GenoegIsGenoeg


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters