2 maande gelede
IRR: ANC kan onder 55% kry
gareth van onselenFoto: die burger  ~ 

DIE ANC kan dalk onder 55% van die steun van kiesers kry tydens die nasionale verkiesings wat vandag plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het vanaf verlede jaar peilings uitgevoer om kiesers se menings te kry.

Peilings is uitgevoer in September en Desember 2018, asook in Februarie en April 2019.

Die nuutste peiling vir Mei is uitgevoer tussen 27 April en 4 Mei.

Dit is die IRR se vyfde peiling wat handel oor die verkiesings. Hy het dieper ondersoek ingestel na die nasionale verkiesings, asook na drie provinsies, naamlik Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

Dié navorsing is in lyn met die instituut se doelwit om ’n outoriteit te word in politieke marknavorsing.

Uitslae

Gareth van Onselen, hoof van politiek en regering by die IRR, het die kriterium-verslag saamgestel.

“Van 4 Mei 2019, die laaste dag van die peilings, is die volgende uitslae verkry: Die ANC kan minder as 55% kry, afhangende van die laaste vier dae, opkoms en in ag geneem die foutspeling,” meen Van Onselen.

Hy sê voorts hierdie is die mees veranderlike nasionale verkiesings tot dusver met betrekking tot die ANC en die EFF. Hulle het op die een of ander manier vanaf September ondersteuning verruil onder 5% tot 8% van swart kiesers.

Gauteng is onbeslis, behalwe as die ANC op die laaste minuut styg.

Die situasie in Kwa­Zulu-Natal is ook onbeslis, afhangend daarvan of die ANC op die laaste minuut gaan styg, opkoms en die foutspeling.

Van Onselen voeg by die DA behoort die Wes-Kaap relatief maklik te behou, ten spyte van die moeilikhede in die provinsie.

“Die DA het opgeskuif onder swart kiesers, maar is af onder wit kiesers vanaf 2014. Die ANC is aansienlik af onder bruin kiesers vanaf 2014.

“Die EFF is aansienlik op relatief tot 2014.

“Dit sal sorg vir ’n interessante dinamiek tussen dié party en die ANC in die komende vyf jaar, en Gauteng sal die eerste toets wees,” sê Van Onselen.

Die IRR sê dié peiling is nie ’n voorspelling nie, aangesien dit nie moontlik is om die presiese verkiesingsuitslae te voorspel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters