14 dae gelede
Inwoners val twee ‘verdagtes’ aan
Twee mense is in Limpopo aangeval en aangerand .  ~ 

KLAGTE van openbare geweld en 'n poging tot moord word ondersoek nadat inwoners in Limpopo twee mans aangerand het.

'n Huis, 'n winkel en 'n motor is ook in die proses aan die brand gesteek.

Die inwoners het die twee mans van moord beskuldig.

Kol. Moatshe Ngoepe, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n groep inwoners het uit die dorp Maphophe na Mhinga betoog, opsoek na die twee verdagtes.

“Die polisie is ingelig en het vinnig reageer.”

Volgens Ngoepe het die inwoners, met die polisie se aankoms, reeds die twee gevang en begin aanrand. Hul eiendom was ook reeds aan die brand gesteek.

"Die polisie kon daarin slaag om die slagoffers te red en na ’n hospitaal te neem vir behandeling.”

Hy voeg by die slagoffers het ernstige beserings opgedoen.

Geen verdagtes is nog gearresteer nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters