Verlede maand
Inwoners skrik hulle kis
DoodkisteFoto: Twitter/@nyeleti25  ~ 

COPS het Sondag in ’n beweerde drug den in Johannesburg op ’n stuk of 20 doodkiste afgekom.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap het die raid in Orange Grove uitgevoer om dwelms te soek.

Volgens hom het bekommerde inwoners besluit om die huis uit te skud weens beweerde onwettighede daar.

Tot hulle skok was daar toe nie drugs nie, maar ’n vrag doodkiste. Hulle het toe die cops gebel.

“Die kiste is na ’n polisiestasie geneem. ’n Ondersoek sal nou gedoen word om uit te vind hoe die kiste in die huis beland het.”

Die eienaar van die huis is steeds soek. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters