6 dae gelede
Immigrante kos staat R40 m.
Dr. Aaron Motsoaledi  ~ 

DIE departement van binnelandse sake het meer as R40 miljoen sedert verlede jaar spandeer om onwettige immigrante te deporteer.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, sê tussen die 1 April en 31 Augustus vanjaar is R8,956,713 spandeer op vlugte. 

Daar is tydens die 2018/19-boekjaar R33,070,629 spandeer op vlugte vir die deportasie van onwettige immigrante. 

Hy het dié syfers in 'n parlementêre antwoord op Joseph McGluwa (DA-LP) se vraag bekendgemaak.

Adrian Roos, 'n DA-LP, het vir Motsoaledi gevra of hy met die metro's se burgemeesters gesprekke sal voer om onwettige immigrasie met behulp van klopjagte te stop.

Motsoaledi het in antwoord daarop gesê hy praat reeds met munisipale strukture oor kwessies van migrasie en sal aanhou om dit te doen. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters