Verlede maand
Huishulp se borg weer geweier in moordsaak
(Supplied by NPA)
Sophy Mmako, (51) en Lazarus Mahlo (41) in die beskuldiger bank.  ~ NPA

DIE huishulp wie een van vier verdagtes is in die moordsaak van 'n Ocean Basket-restaurant eienaar en haar ma, se tweede borgaansoek het ook misluk.

Sophy Mmako en haar boyfriend Lazarus Mahlo het saam met Abibi Hamid en Casper Mudau Maandag in die hof verskyn vir die moord op die 70-jarige Hettie Deacon en haar 55-jarige dogter Lizette in September in Welgelegen in Polokwane.

News24 berig die twee se liggame is agter in hul SUV gevind.

Mashudu Malabi-Dzhangi, 'n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê Mmako se tweede borgtog aansoek Maandag was soos haar aansoek Vrydag onsuksesvol.

Volgens News24 is Mmako en Mudau verlede maand ook borg geweier.

Die verdagtes word van ontvoering, roof met verswarende omstandighede en moord aangekla.

Hulle sal op 28 Januarie weer in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters