2 maande gelede
Huishulp met hope skuld wen R70 m.
lotto
'n Huishulp is R70 m. ryker nadat sy die jackpot in die PowerBall geslaan het.  ~ foto ter illustrasie

'N HUISHULP van Pretoria se lewe van skuld is verby nadat sy R70 miljoen in die PowerBall gewen het.

Die kitsmiljoenêr gaan nou vir haar 'n vyf slaapkamer huis bou en haar dogter deur universiteit sit.

Die vrou, wat vir 30 jaar 'n huishulp was, het haar werk gelos en gaan nou alles doen wat sy altyd van gedroom het.

Sy gaan ook haar familie Kaapstad toe neem vir 'n vakansie en gaan haarself 'n smartphone koop.

Ithuba sê die enkelma van een het net R7,50 op die wenkaartjie by haar plaaslike Shell garage spandeer en die QuickPick gespeel.

Volgens Ithuba, het die vrou eers gedink sy het net vier nommers in. Nadat sy dit aan haar werkgewer gewys het, was sy in kennis gestel dat sy eintlik die groot jackpot gewen het.

Die vrou verdrink volgens Ithuba in die skuld en is die broodwinner vir haar huishouding wat sy saam met haar dogter, kleinkind en jonger broer deel.

Sy het aan Ithuba gesê sy het die aand voor die trekking die kaartjie in haar Bybel gesit en op haar knieë gegaan en gebid tot God dat hy haar 'n teken kan gee dat swaarkry binnekort verby sal wees. - TimesLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters