Verlede maand
Hoof ban ouers
skool
Foto ter illustrasie  ~ 

DINGE het so hand uitgeruk by 'n skool waar ouers nie happy is met die hoof nie, dat die skoolhoof nou 'n beskermingsbevel teen die ses ouers gekry het.

DailySun berig dat die ouers se klagte aan die onderwysdepartement oor die skoolhoof van Langalibalele Primêr in KwaMhlanga in Mpumalanga is ook geignoreer.

Salome Magolego, 'n lid van die beheerliggaam, sê ouers kla al byna tien jaar oor die skoolhoof en nou word die ouers nie eens naby die skool toegelaat nie.

Sy vertel: "Ons het hom laas jaar verwyder en hy was die hele jaar by die distrikskantoor. Die distriksbestuurder het belowe om na die saak te kyk, en steeds het hulle hom teruggestuur."

Die hoof het in Oktober 'n beskermingsbevel teen ses van die ouers gekry en die beheerliggaam ontbind.

Magolego voeg by: "Hy dreig ook almal wat teen hom is.

"As iets met ons kinders op skool gebeur mag ons nie na hulle gaan nie."

Volgens Magolego het 11 onderwysers bedank kort na die hoof se aanstelling.

Nog 'n ouer, Amos Lukhele, vertel dat die hoof 63 fietse - wat bedoel was vir kinders wie ver woon - vir agt jaar in 'n shack toegesluit.

In reaksie op die beweringe deur ouers sê die provinsiale onderwysdepartement dat hul volledige verslag vanaf die distriksdirekteur aangevra is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters