23 dae gelede
Honderde SAL-werke in gevaar
drug smuggling
Honderde werkers kan dalk hul werk kwyt wees wanneer SAL met 'n herstruktueringsproses begin.  ~ Argief

DIE Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het aangekondig dat hulle gaan herstruktueer en dat dit honderde werkers moontlik afgele kan word.

Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die lugdiens, sê 944 mense se jobs word geraak.

Ramasia sê in ‘n persverklaring die lugdiens het reeds met ‘n konsultasieproses begin.

Sy sê die SAL het die afgelope paar jaar verskeie uitdagings in die gesig gestaar.

Dit sluit in befondsing, die onvermoë om geld te leen en hoë rente op lenings.

Ramasia sê weens die aanhoudende verliese wat die maatskappy ly en die feit dat hulle op die regering staat maak vir lenings, laat die rente styg.

Sy sê dit het ‘n groot impak op die bedryfskostes van die maatskappy.

SAL het die afgelope 13 jaar 'n verlies van meer as R28 miljard gelei.

Die vakbond, National Transport Union, sê egter hulle gaan nie die afleggings toelaat nie. – Fin24, EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters