11 dae gelede
Hofsaak van Dros-verkragter begin
Dros rape accused.
Dros rape accused. (Newsw24, file)  ~ 

DIE man wat van die verkragting van 'n sewe-jarige meisie in die badkamer van 'n Dros-eetplek in Pretoria beskuldig word se hofsaak begin Maandagoggend in die hooggeregshof in Pretoria.

Hy word aangekla van onder meer verkragting, aanranding, ontvoering, dwarsboming van die gereg en besit van onwettige middels.

News24 berig die landdroshof in Pretoria het in Maart vanjaar gehoor die verhoor sal na verwagting van 9 tot 20 September duur.

Die jongman is in September 2018 by die eetplek gearresteer. Hy het na bewering die sewe jarige na die badkamer agtervolg en haar daar verkrag.

'n Video, wat enkele oomblikke na die beweerde voorval geneem is, wys 'n man vol bloed en woedende klante van die eetplek wat hom slegsê.

Die 22-jarige, wie totdat hy gepleit het nie geidentifiseer mag word nie, het sedert sy arrestasie nog nie om borgtog aansoek gedoen nie.

In Februarie vanjaar is hy, na 'n maand se sielkundige waarneming, as geskik gevind om verhoor te word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters